Jenna-Maé Curtin

Tuisskool Impaq

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het ñ groen fluweel rok met goue bykomstighede. Groen is my gunsteling kleur en dit was altyd my Droom om ñ groen rok te hê vir my Matriekafskeid. Ek was ook lus vir ñ swaar materiaal en daarom het ek fluweel gekies in plaas van satyn. Die idee was om die ontwerp soveel as moontlik n koninklike gevoel te gee. Ek is dankbaar vir die ontwerper dat sy al my idees kon omskep in my droomrok. Kompleet met kroon, mantel en swaar sleep.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek dink my grootste inspirasie is my liefde vir fantasie. Ek is nog altyd lief vir fantasie-verhale en het altyd gedroom dat my rok daardie liefde sal weerspieël. Ek wou soos ñ koningin voel op my Matriekafskeid en ek dink my ontwerp het dit reggekry.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Kan ek sê alles? Ek is mal oor alles van my rok, van die sleep, die mantel, tot die gevoel van die materiaal op my lyf. Maar as ek regtig moet kies dan sou ek sê die romp van my rok. Die swaar gevoel, en hoe sag die materiaal beweeg en die manier hoe dit wyd draai laat my voel of en in ñ balsaal behoort en dis presies die gevoel waarvoor ek ge hoop het toe ek met my ontwerp begin.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media