Jenna Kohler

Hoërskool Jan van Riebeeck

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My droom matriekafskeid rok is ontwerp deur my Ouma(70 jr oud) wat 20 jaar 'n bruidsboetiek besit het en al nasionale toekennings vir haar ontwerpe ontvang het. Die unieke materiaal is enig in sy soort en nêrens anders in Suid Afrika te vinde nie. Die net bring 'n sagtheid en voeg elegansie aan die rok. Die blink brons materiaal, glinster soos die son dit tref. Die besige materiaal vloei uit en raak minder soos dit na onder beweeg. My lengte word deur die ontwerp van die rok gekomplimenteer. My woorde het op geraak want my rok is vir my te mooi, ek kan dit nie in woorde beskryf nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Jan van Riebeeck

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die materiaal van my matriekafskeid rok was die beginpunt en die hele inspirasie vir die ontwerp. Ek was dadelik verlief op die unieke materiaal. Die patroon en spesifieke kleur van brons het onmiddelik my oog gevang. Die besonderse materiaal het die hele ontwerp van die rok geinspireer. Die besige patroon het gelei tot 'n nousluitende rok wat geskei word met net, om te voorkom dat die rok te oorweldigend voorkom. Dit het ook die lae rug en V-neklyn geinspireer.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok is die goue "oog wimpers" wat aan die onderkant van die rok, aan die sy tulle, elkeen apart met die hand aan gewerk is deur my Ouma. My Ouma het rondom 80 ure aan slegs die deel van die rok gewerk. Die fynere detail en sentimentele waarde wat geheg is aan dié besonderse eienskap, het die elegansie van die rok tot nuwe hoogtes bevorder.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media