Jenna Hancke

Worcester Gimnasium

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My droom was nog altyd om uniek te wees en myself uit te beeld in die kleur wat die beste by my persoonlikheid pas. Die rok het my laat voel dat ek straal. Ek het soms getwyfel oor die keuse van my kleur, maar ek het die geleentheid raakgesien om myself te wees en my eie raad te volg. My ontwerpkeuse was bloot 'n inspirasie wat ek saam met my gedra het van gr. 8 af. Op so 'n spesiale aand is dit belangrik om prentjiemooi te voel in jou rok en daarom het ek op die ontwerpkeuse besluit, omdat dit alles insluit waarvan ek gedroom het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Paarl Boys' High

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was nog altyd 'n groot aanhanger van Natasha Joubert se "Nataliajeffreys". Ek het dadelik hierdie rok se ontwerpkeuse raakgesien en kon myself insien in die styl en het van daardie dag af nie van plan verander nie. Ek het gevoel dat die rok nie net vir my prentjiemooi sal laat voel nie, maar dit het my ook die nodige selfvertroue gegee. Nadat ek die rok vir die eerste keer aangepas het, het ek ongelooflik spesiaal gevoel en dit het my so natuurlik laat voel. Die rok het vir my laat voel of ek my hoërskoolloopbaan op 'n hoogtepunt kon afsluit.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die matriekafskeidrok was definitief die Tuscan Sun geel en hoe die materiaal die snit perfek laat uitwerk het. Ek was ook mal oor die onderkant van die rok, omdat dit lekker lig was en die wind dit mooi kon skep om die perfekte foto's te neem.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media