Jemmah Smit

Hoërskool DF Malan

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die slagspreuk wat ek ingedagte gehad het toe ek vir die eerste keer my ontwerper, Creative by Christa, ontmoet het was: ek wil die rok dra, die rok moenie vir my dra nie. Dus is die rok presies 'n visuele uitbeelding van wie ek is as mens... gesofistikeerd en elegant, wat glans deur om net haarself te wees. Die lae V-nek, wat die 3D-blommetjie aan die voorkant breek, en die oop rug is presies die effek wat ek verlang het. Die talle voue in die Dutch Satin romp is wat my laat voel het soos 'n feëprinses. Ek het teen die gewilde besluit gegaan om 'n "slit" deel te maak van die ontwerp, want die aaneenlopende rooi golwe het meer krag op sy eie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool DF Malan

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Om 100% eerlik te wees het ek geen vooropgestelde idee gehad van hoe my droomrok moet lyk nie. Ek het besluit dat die materiaal, kleur en styl my moet kies en nie anderkant om nie. So op 'n doodgewone Vrydagmiddag by Cape Gate se Studio 47 het die rooi materiaal wat in die hoekie wegkruip my oog gevang. En dit was dit... love at first sight! Ek het laat nagte op Pinterest spandeer om 'n klassieke ontwerp te vind en my eie te maak. Die rooi satyn en kant moes mekaar komplimenteer.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die SAKKE! Wie kan nou dink dat sakke so 'n groot verskil kan maak? Wel, vir my was dit die beste deel van my rok. Dit hou jou lipstiffie veilig, maak 'n "statement" vir 'n foto en het gemaklikheid deel gemaak van die glansaand.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media