Jeanri Becker

Hoërskool Brits

Tuisdorp

Brits

Skool

Hoërskool Brits

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Anél Botha van Anél Botha Couture het my rok ontwerp en gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok is geïnspireer deur die diepte en misterie van die oseaan - daardie deel waar lig en beweging saam dans. Die seegroen (teal) kleur simboliseer my rustigheid en selfvertroue. Elke blinker en kristal op die rok vang en weerkaats die lig soos golwe wat breek. Dit herhinner my daaraan dat daar self in die donker daar altyd glans is. Die flambojante mou voeg die dramatiese element by, wat die vurige kant van my persoonlikheid weerspiëel in teenstelling met die ander kaal arm wat die sagte en dieper deel van my persoonlikheid blootlê.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Wanneer ek die rok aanhet, voel ek soos die beste weergawe van myself: trots, uniek en gereed om my toekoms binne te stap met dieselfde glans waarmee ek hierdie aand betree het. My rok is ook meer as net 'n droom wat lewendig geword het, dit is 'n eerbetoon aan my ouers. Hulle het elke blinker en kristal moontlik gemaak met hulle onwrikbare ondersteuning, liefde en opoffering. Wanneer ek my rok dra, dra ek ook alles wat hulle vir my gedoen het: die laatnaggesprekke, die geduld, aanmoediging en hulle geloof in my om my volle potensiaal te bereik. Ek dra die rok, maar hulle liefde dra my.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was sonder twyfel die oomblik toe ek saam met my metgesel gearriveer het. Toe ek uit die motor klim en oor die rooi tapyt stap, het ek gevoel asof tyd vir 'n oomblik stilstaan. Almal het my vir die eerste keer in my rok gesien, en die reaksies was ONVERGEETLIK-selfs my ouma en oupa was verras, want my rok was tot op daardie oomblik 'n staatsgeheim! Die ligte, kameras en die opgewondenheid het saamgesmelt in daardie een spesiale oomblik waar ek geweet het: dis my aand. Die mooi herinneringe van hierdie aand sal my altyd bybly.

Planne vir na matriek

Na matriek wag 'n nuwe hoofstuk op my. Ek sien baie daarna uit om aptekerswese op die PUK in Potchefstroom te gaan studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Karnallie

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media