Jayden Berry

Hoërskool Eldoraigne

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My droom matriekafskeidrok is gemaak deur die bekende en ongelooflike ontwerper Carike Nel. Dis 'n sagte sage groen kleur met blommetjies - perfek gepas vir 'n blommekind. Die rok se lengte is net reg dat ek gemaklik die hele aand kon dans en dit gate uit geniet - in my pragtige en gemaklike sage groen vellies. Hoe ek 'n rok as 'n droomrok en rok van die jaar beskou - as ek nou terug in tyd gaan en 'n foto van my rok sien sou ek nie twee keer dink om die rok oor en oor te kies nie - en vir my rok is die antwoord JA!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Eldoraigne

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My rok is 'n mengelmoes van 3 verkillende rokke - waarvan 1 juis 'n inskrywing van laasjaar se matriekafskeidrok van die jaar was en die rede hoekom ek ook ingeskryf het... om hopelik iemand anders se droomrok te kan inspireer. Ek word nog altyd die blommekind genoem - vrolik, optimisties en uniek - daarom wou ek graag blomme op my rok hê. Die kleur is net so uniek, Carike het 'n klomp verskillende skakerings blou en groen materiaal gelayer en daaruit hierdie unieke kleur geskep- 100% my gunsteling kleur!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was definitief die blommetjies gewees, wat een vir een deur Carike op my rok geplaas is. In die Bybel simboliseer blomme liefde, geloof, en hoop en dien as 'n herinnering van God se teenwoordigheid, so is blomme ook 'n simbool van groei. In my 12 jaar van skool het ek as mens gegroei en 'n klomp lewenslesse geleer. My rok is die perfekte afsluiting van my skoolloopbaan en ek kan nie wag om te blom in die nuwe fase van my lewe met God diep in my hart nie.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media