Jasmin Millar

Skurweberg Sekondêr

Tuisdorp

Ceres, Op-Die-Berg

Skool

Skurweberg Sekondêr

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My ontwerper se naam is Farieda de Bruin. Sy is woonagtig in Ceres.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek was nog altyd mal oor die koninklikes en Prinses Diana was nog altyd vir my n 'fashion icon', so ek wou nog altyd soos n prinses gelyk het. Ek het ook baie druk ervaar as n toppresteerder by my skool in matriek en as hoofdogter van 2025 , dus wou ek die aand van my matriekafskeid n 'statement' maak - dat harde werkers ook 'glamorous' kan wees. Ek het wynrooi gekies as die kleur van my rok omdat dit my groen oë beklemtoon en die kroon op my kop het die "princess look" vervolmaak.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok voel soos n regte lewe princess gown—elke stukkie materiaal laat my myself indink hoe ek in die aand in draai, gloeiend en vol selfvertroue. Om dit te dra was nie net om mooi te lyk nie; dit was vir my n herinnering dat ek die oomblik kan besit, kan sprankel soos royalty en in die volgende hoofstuk van my lewe kan instap sonder vrees en absoluut onkeerbaar.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die dag en aand het baie mooi oomblikke wat my sal by bly - maar daar is hoogtepunte wat ek vir ewig sal koester. Ek is van n plaas genaamd Môrester en een van die mooi oomblikke was om te sien hoe n mooi geleentheid in my lewe die mense op die plaas kon saambring om te kom kyk hoe ek lyk. Dit het my só spesiaal laat voel! Die pre-funksie by die huis saam met my familie was ook deel van die hoogtepunte. Ek is so baie aan hulle verskuldig, veral my suster en haar man wat uit hul pad gegaan het om daardie dag moontlik te maak. Om so saam met hulle te kuier en foto's te neem was definitief n hoogtepunt. Toe ek by die funksie gekom het, het ek al my mede-matrikulante gesien en dit was die mooiste prentjie ooit! Hulle almal het pragtig gelyk en het my pragtig laat voel met hul komplimente. Sommige van die onderwysers het genoem dat ek soos royalty lyk en dit het my laat voel asof ek my doel bereik het! Nog hoogtepunte was definitief die photobooth , omdat ek met my partner en vriende kon foto's neem. Ek't dit ook baie geniet om te dans met my vriende. My matriekafskeid aand is n aand wat ek nie sommer sal vergeet nie!

Planne vir na matriek

Ek gaan studeer vir BNursing.

Gunsteling woord in Afrikaans

Vooruitstrewend

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media