Janneke de Villiers

Ligbron Akademie vir Tegnologie

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is klein van postuur en daarom was dit belangrik dat my rok by my lyf en liggaamsbou pas. My rok moes uitstaan en anders lyk. Zelmarie du Preez van Preez Design het presies geweet hoe om my persoonlikheid en liggaamsbou by my rok te laat pas.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ligbron Akademie vir Tegnologie

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My rok is geinspireer deur Olivia Sieff se matriekafskeidrok (sy is nie lank na haar matriekafskeid tragies oorlede). My rok is egter uniek en het my sprankelende persoonlikheid verseker vasgevang. Ek het elke oomblik van die proses geniet, alles was perfek en ek het elke oomblik van my spesiale dag geniet.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die kleur en tekstuur van die materiaal was baie besonders en die sleep het die rok baie mooi afgerond.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media