Janke Vogel

Die Hoërskool Menlopark

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Met ses lae verskillende materiaal , wat nie net vorm aan my rok gegee het nie maar ook die perfekte uitskop en draai effek aan my rok gegee het , was my rok 'n elegante tog unieke balrok. Die oop rug met dun oorkruisende bandjies het die verskillende lae gekomplementeer deur 'n simplistiese aspek by te voeg. Die fyn diamant middel detail het alles mooi saamgevat en terselfdertyd 'n bietjie sprankel bygevoeg. Die kleur se beskrywing som my rok eintlik perfek op, laatmiddag donderstorm blou.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Dit klink dalk cliché maar my droom vir my matriekafskeid was om soos 'n prinses te voel en terselfdertyd 'n rok te hê waarin ek nie net gemaklik in was nie maar wat by my persoonlikheid sou pas. Met 'n aspoestertjie balrok in gedagte wat ook my ontwikkeling van 'n klein dogtertjie na 'n jong dame op 'n klasieke manier sou uitbeeld het ek uiteindelik die perfekte rok gevind.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling gedeelte van my matriekafskeidrok was die feit dat ek heeltemal gemaklik in hom was en soos myself gevoel het. Die snit, die materiaal en spesifiek die kleur was absoluut perfek en ek kon vir niks beter gewens het nie.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media