Janke-martíne Viljoen

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My droomrok was ‘n tweestuk met skouerlose toppie en ‘n romp. Dit is gemaak uit swart Duchess satyn en meters en meters fyn net. Die dubbel netlaag van die romp het elkeen bestaan uit 10 lae net. Die romp en toppie is afgewerk met klein oorgetrekte swart knopies aan die agterkant.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou iets klassieks hê vir my matriekafskeid maar wat steeds ‘n ‘oe’ en ‘n ‘aaa’ sou ontlok. Dit moes ‘n ‘n goeie skoot drama (ek is altyd stout vir ‘n stukkie onverwagse drama) en ‘n aweregse speelsheid hê wat by my persoonlikheid pas. Die swart kleur was die klassieke deel en die lae en lae net het gesorg vir die speelsheid en drama. Dit moes egter ook gemaklik wees sodat ek my aand op die dansbaan met oorgawe kon geniet. My rok was dit alles en nog meer. Die prentjie wat al so lank in my kop gewarrel het, het perfek gestalte aangeneem in die werklikheid. ‘n Droomrok en aand…

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek was mal oor die gevoel van die swaar romp met die netvalle wat my rok amper ‘n lewe van haar eie gegee het. Nie een foto lyk dieselfde nie. Op elke foto het my tweestuk ‘n ander ‘bui’ gehad… dit was so verfrissend anders. Ek was ook mal oor my goue bykomstighede… dramatiese blaar oorbelle en goue ‘Cinderella’ skoene. Dit het beslis interessantheid verleen aan my dramatiese rok en die speelsheid van my hele ontwerp onderstreep.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media