Janke-Daniel Steyn
Hs Transvalia
Ouderdom
18
Skool
Hs Transvalia
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Toe ek my rok vir die eerste keer aanpas, toe het my inspirasie eers vlam gevat. Ek het gevoel soos ‘n prinses wat vir die eerste keer haar skoonheid vir die wêreld wys. Dus, het die sprokie van Rapunzel my “matriekafskeid-wêreld” oorgevat. Die rok, die blomme, die naels, die hare en selfs my golfkarretjie wat opgemaak was met blomme, het net sprokies vertoon.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het in Bride&Co (Sandton) ingestap met die bedoeling om slegs net na blou, groen, rooi of swart rokke te kyk. Ek het my hele familie- asook myself- verbaas toe ek op en af spring van geluk nadat ek my droom rok aangepas het. My PERS rok het my asem weggeslaan. Ek het gevoel soos Rapunzel.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok wat heeltemal uniek. Alhoewel ek die rok gekoop het, het ek dit aangepas om te pas by wie ek is. Ek het geweet niemand het iets soos dit al tevore gesien nie en dit was vir my werklik opwindend.
Datum van matriekafskeid
2025-10-02