Janke Beetge
Hoërskool Df Malan
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Uniek. Want ek glo elke mens is 'n storie wat net op een manier kan bestaan - en hierdie rok, hierdie aand, hierdie jaar...is myne
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok het nie net ontstaan uit 'n Pinterest-bord en 'n hupstoot kreatiewe chaos nie; dit het begin met 'n eenvoudige vraag:
Wat as ek 'n rok dra wat 100% ek is, sonder om enige deel van myself weg te steek?
Toe ek in matriek van skool verander het om weer naby my familie te wees (en ja, ook om uiteindelik genoeg slaap én 'n stabiele emosionele lewe te hê), het ek besef dit is my jaar om myself weer behoorlik te leer ken. Die rok moes dus voel soos 'n herinnering én 'n nuwe begin.
Die kleure is geïnspireer deur my rooi hare, ligte vel en groen oë,maar ook deur elemente uit die natuur: diep seeblou, pou-vere groen en daardie magiese glinstering soos lig op
water. Ons wou iets skep wat nie net mooi is nie, maar betekenisvol.
En toe begin die avontuur..
My beste vriendin se ma en ek het saam aan die rok gewerk,'n proses wat ons vriendskap getoets én'n paar kreatief-geformuleerde Afrikaanse uitroepe ontlok het (gewoonlik
wanneer 'n patroon besluit het om sy eie plan te volg). Ek het aangehou glo in die visie, al het party mense my aangekyk asof ek 'n sci-fi toga probeer beskryf.
Maar toe die laaste stik in was, het almal dieselfde ding gesê:
"Dis JÝ! Ek kan jou nie in iets anders sien nie."
Toe weet ek: ons het nie net 'n rok gemaak nie;ons het 'n storie vasgewerk.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Vir my voel hierdie rok soos die kledingstuk-weergawe van karakterontwikkeling in 'n fliek.
Die soort oomblik waar die hoofkarakter in die spieël kyk en besef:
"Wow..ek het actually oorleef. And i look good doing it."
Maar meer as mooi, is dit vir my 'n opsomming van 'n hele seisoen van groei.
Die rok dra elke oomblik van my matriekjaar:die moed om 'n groot verandering te maak, die kosbare tyd saam met my familie, die ure se beplanning en probeer-en-weer-probeer en die selfvertroue wat stadig maar seker gegroei het.
Dit is 'n rok wat letterlik saam met my gegroei het.
Die glinstering en beweging vang presies hoe ek oor my matriekjaar voel en dis vol lig, beweging en meer emosionele groei as wat ek ooit op my CV kan sit. En wanneer die wind die rok optel, lyk dit of dit sy eie lewe het;eerlikwaar 'n uitstekende metafoor vir matriek in die algemeen.
Wanneer ek dit dra, voel ek:
mooi, uniek, onbeskaamd myself... en ja, effens soos 'n eiland prinses oppad na'n baie fancy bal.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-01