Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is gemaak deur Salomie du Plooy
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rok is geïnspireer deur die ongelooflike werk van Salomie du Plooy, wie se ontwerpe my al van kleintyd af laat droom het. Haar styl het altyd vir my iets besonders gehad – die perfekte kombinasie van elegansie, detail en iets anderste as die res. Toe ek hierdie rok aantrek, het dit gevoel asof ek uiteindelik in my eie prinsesoomblik leef – daardie een wat “mini me” altyd sou bewonder het. Elke pêrel en blink detail het my laat voel soos die beste weergawe van myself.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok beteken vir my baie meer as net ‘n mooi rok – dis ‘n simbool van selfvertroue en trots. Toe ek hom aantrek, het ek gevoel ek kan my volle self wees, sonder enige twyfel of onsekerheid. Dit het my herinner dat ek waardevol is net soos ek is, en dat ek mag skyn.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt was beslis om saam met my vriende daardie spesiale aand te beleef, en ook die hele proses om klaar te maak saam met my make-up artist, Cleo Flos. Die opgewondenheid, glimlagte en gesels was iets wat ek nooit sal vergeet nie.
Planne vir na matriek
Ek gaan in Stellenbosch studeer – dit voel lekker om naby aan die huis te bly, maar steeds ‘n nuwe hoofstuk te begin.