Janique Smit

Karstveld Academy Namibia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ontwerp deur Cobus Moller. Die styl het perfek by my liggaamsbou gepas. Die keuse op kleur en materiaal het net alles so mooi inmekaar gevloei en my droomrok het ontstaan. Ek was mal oor die baba blou kleur en dit het my oe baie mooi gekomplimenteer. Ek het nie na te veel detail gesoek op die bostuk nie en die blinkerigheid het ietsie van my sprankelende persoonlikheid uitgebring.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Karstveld Academy

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Dit is so mooi storie agter die rok. Die kinders by die skool noem my ELSA. Die kleur van die rok en hare en grimering het die hele prentjie net mooi voltooi.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok is die bostuk. Dit is treffend, oorsproklik en blink op die regte manier. Ek het baie gemaklik gevoel en kon net myself wees in die rok.

Datum van matriekafskeid?

2023-08-25

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media