Janika Pretorius

WiW Tutorsentrum Mosselbaai

Tuisdorp

Hartenbos

Skool

WiW Tutorsentrum Mosselbaai

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My Matriekafskeidrok is deur Livia & Co in George laat maak en gekoop.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ons Matriefafskeid se tema was Gatsby. Die Gatsby Tema gee jou rok ń baie spesifieke en ryk betekenis soos Glamour en Oordraad. Die Gatsby era was bekend vir sy onbeskaamde luuksheid, glans en oordaad. Jou rok weerspieëling van daardie random en styl. Met ń Gatsby geïnspireerde rok is jou kledingstuk ń simbool van luuksheid en tydlose elegansie. Dus waarom ek op Swart en goud besluit het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok is ń ampetelike afsluiting van my skoolloopbaan. My rok is ń fisiese aanduiding dat ek op die punt staan om ń nuwe hoodstuk in my lewe begin. Dit is die viering van al die jare se harde werk, herinnering en vriendskappe wat ek by die sentrum gemaak het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die vervoer, om in styl by die lokaal aan te kom, Die eerste keep wat almal jou sien in jou rok. Die foto's saam met jou metgesel was vir my ń groot hoogtepunt.

Planne vir na matriek

Dis ń wonderlike spannende tyd om aan planne vir na matriek te dink. Die wêreld lê oop, en daar is ongelooflik baie opsies. Ek het daaraan gedink om eers ń "Gap"jaar te neem. Ek dink dat dit ń wonderlike manier is om jouself te ontwikkel, te reis, en besluit wat jy regtig wil doen sonder die druk van studies. Neem van ń intreevakpos om geld vir jou studies of toekomstigeplanne bymekaar te maak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Astronomies

Datum van matriekafskeid

2007-03-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media