Janika Louw

Hoërskool Montana

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Een van my grootste drome was om 'n pragtige geel rok te dra by my matriekafskeid. Hierdie droom het waar geword, en die oomblik wat ek daardie rok aangehad het, was een van die gelukkigste oomblikke van my lewe. Die rok is 'n meesterstuk wat spesiaal vir my gemaak is deur die talentvolle Johan Botha. Ek het hom ontmoet, en hy het die tyd en moeite geneem om na my wense te luister en 'n rok te skep wat alles en meer as wat ek ooit kon voorstel. Ek het vir Johan 1 foto gewys en hy kon dadelik vir my sê dat hierdie rok perfek by my gaan pas. Ons het die perfekte geel gekry en dit was so uniek gewees want baie min mense kies geel as hulle matriekafskeidrok se kleur. Dit is 'n stuk wat ek vir ewig sal koester, en dit is die kern van my matriekafskeid-ervaring.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het al van kleintyd af geweet dat my matriekafskeidrok geel gaan wees en ek het nie eenkeer my kleur verander of in getwyfel nie. Ek het bietjie gaan rond kyk op die internet vir idees van die ontwerp en so het ek dit gekry. Ons het ook die rok bietjie verander soos Johan goed gedink het en ek is so bly ek het hom vertou want dit was n wens wat waar word. My inspirasie was dus my ouma wat vir my gesê het ek lyk mooi in geel toe ek n klein dogtertjie was en fotos wat ek op die internet gesien het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit was defnitief die oop skouer. Die was totaal en al iets uniek gewees en dit het ook gehelp dat die rok nie te warm of te swaar is nie. Die oop skouer het my vryheid gegee en dit was glad nie ongemaklik of moeilik om die rok te dra nie.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media