Jane Kruger

Hoerskool Rustenburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het aan die begin van die jaar geweet ek soek iets gemaklik maar stylvol en uniek. Ek het aanvanklik ‘n heeltemal ander idee vir `n rok gehad en het my hart verloor op ‘n smarag groen, een skouer prinses rok. My rok is heeltemal uniek en straal my persoonlikheid so mooi uit. Ek wou van kleins af `n rok gehad het wat spin soos die van Belle in Beauty and the Beast. My rok is net soos ek ‘n “plane jane” met ‘n tikkie glitter. Wilna Young Fashion Designs het my droom rok ‘n realiteit gemaak. My rok laat my dink aan ‘n natuurgodin wat haar vlerke sprei en vlieg. Dit het beslis my matriekafskeid voltooi. Ek kan met sekerheid se dat ek die rok met selfvertroue gedra het en my rok skree Jane Kruger.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoerskool Rustenburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het een middag op Melinda Bam, die voormalige skoonheidskoningin, se Instagram blad afgekom waar ek my droom rok gesien het. Dit het alles gehad wat ek nog altyd wou he. Ek het dadedlik my hart op die rok verloor. Daar het ek geweet ek gaan vir my so rok laat maak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel is my strik op my skouer wat afhang agter, en natuurlik my rok wat swaai as ek dans. Dit was presies wat ek wou gehad het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media