Jané Dowling

Hoërskool Witteberg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die elegante smaraggroen gepaard met die dramatiese swart kant het vir my die beste van beide wêrelde gegee om op die aand soos 'n dame toe voel by een van die danse in' Pride and Prejudice'. Hierdie rok is spesifiek ontwerp as 'n skommel styl. Die kant en satyn is nie aanmekaar vasgeheg nie en dus kan die groen rok alleenlik gedra word. Ek kan ook nie wag om die swart kant oor verskillende kleure en style van aandrokke aan te trek nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Swart en groen. Dit was altyd tessun daai twee kleure so hoekom nie beide nie? As 'n redelike kort persoon het ek baie die woorde gehoor: "Jy moet die rok dra." Natuurlik het ek gedink, maar ek gaan mos die rok dra. Eers toe ek rokke begin aanpas en hulle my kant en klaar weggedra het ek verstaan. Ons moet een maak wat my pas en by my pas. Swart en groen. Met my eerste aanpassing het ek geweet hierdie is my "dit is ek" rok and the rest is history.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Plek-plek het groen glitter tessun die blare patroon van die kant geskitter. Of dit 'n ontwerpskeuse of net toevallig is weet nie nie,maar dit is 'n geheime blink wat ek lekker geniet het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media