Jané de Witt

Pietersburg Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is pers met pienk/pers vrille aan die onderste gedeelte. My rok het 'n oop rug omring met blomme. My bo-stik en bandjies is bedek met pers blomme. Ek wou gehad het dat dit moet lyk asof die blomme af van die rok "klim." Die lint aan die agterkant van my rok wat my rok stywer maak het klein fyn blomme op die punte om dit af te rond. Sulke klein details het 'n groot verskil aan my rok gemaak. My rok is 'n bietjie korter voor sodat niemand op my rok trap as ek lekker wil dans. Later het ons 'n sleep van die ligte pers/pienk lap gemaak met blomme aan die punte. Die sleep is opsioneel en kan op/af gehak word. Die sleep laat die rok meer elegant voorkom.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het my hele lewe al oor 'n rok gedroom wat my soos 'n feetjie prinses sal laat voel. Hierdie rok het definitief daardie droom van my waar laat word. My liefde vir die fliek "Beauty and the Beast" het definitief my keuse van my rok se styl beinvloed. Later het ek en my ma my rok se kleur besluit na baie laat aande se "brainstorming" het ons een aand "Enchanted" gekyk en die aktriese wat dieselfde spier wit vel en rooi hare as ek het, het 'n pers rok gedra het. So het die inspirasie begin. Toe ek 9 jaar oud was het my ma vir my gesê dat ek my eie blomme meisie rok mag kies vir haar troue en hierdie pers ballrok met baie vrille was my uiteindelike inspirasie sonder dat ek dit eintlik geweet het.Ek wou hê die rok moet my persoonlikheid weerspieël. Die kleur pers word dikwels geassosieeer met ambissie, kreatiwiteit, waardigheid, vrede, trots, misterie en onafhanklikheid. Pers was ook simbolies van die passie van Christus, die uiteindelike daad van liefde en opoffering, aangesien Jesus gewillig gely en gesterf het om die mensdom se sondes te verlos, soos daar staan in Johannes 19:2 "En die soldate het 'n doringkroon gevleg en dit op Sy hoof gesit en hulle het hom 'n pers kleed omgesit..."

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die rok self is vir my te mooi om iets uit te sonder. Maar vir my was dit hoe mooi die kleur van die rok vertoon as ek in die rondte draai. Die klein en fyn "details" soos die klein blomme op die punte van die lint aan die agterkant van my rok, die blommetjies wat "uit plek af die rok klim", die blomme op die punte van my sleep ens. Maar my heel gunsteling van die rok is dat dit iets is wat ek en my ma vir maande aan saam gewerk het en tyd spandeer het om dit die rok van my drome te maak.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media