Jana Visser

Hoërskool Brackenfell

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Lila is my gunsteling kleur en ek sou geen ander kleur vir my rok wou hê nie. Ek glo die lewe is daar om ten volle aangegryp te word. My rok moes vroulik wees, los en gemaklik sodat ek kon dans en saam met my vriende kuier. Ek en my rokmaakster het met die materiaal en die kantblomme rondgespeel. En die rok het stadigaan vorm aangeneem. Dit was magies. 'n Feetjie rok. Perfek. Al wat geskort het was my toorstokkie. Die aand was fantasties. 'n Droom. Alles was perfek. Ek het alles geniet. Het rondgedartel en my "magic" met almal gedeel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, by Kelvin Grove

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vroulikheid en die onaantasbaarheid van 'n feetjie. Jy is nie altyd seker of sy rêrig daar is nie... Dalk is sy net in jou verbeelding. Dalk nie. MAAR een ding is vir seker... Sy is mooi en straal goedheid en guns uit. Sy skep 'n onvergeetlike ervaring. Enig in haar soort. Uniek.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Alles was perfek. Dit het gemaklik gepas en ek kon heerlik met die romp speel... Swaai en in die rondte tol. Dit was anders as die ander meisies se rokke, maar dit was perfek my. Die blommetjies het alles mooi afgerond, en my strategiese perfek toegemaak. Die rok was 'n droom wat waar geword het. Baie dankie, Tannie Belinda!!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media