Jana Van Zyl

Roots Gymnasium

Tuisdorp

Stampriet, Namibië

Skool

Roots Gymnasium

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Kobus Möller

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie het gekom van een van my rolmodelle wat 'n soortgelyke styl by haar troue gedra het. Ek het die eenvoud, maar tog die elegansie daarvan bewonder. Ek wou 'n subtiele, maar kragtige stelling maak. Ek is iemand wat nie sommer terug staan vir enige iemand, of enige iets nie- maar tog doen ek dit in styl. Daarom se hulle mos dinamiet kom in klein pakkies. Ons tema was “Casino Night”.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Toe ek my rok aangepas het vir die eerste keer, het ek vir die eerste keer soos 'n jong dame gevoel. Ek dink dis baie belangrik vir n meisie on haarself in die spieel te kan kyk en so mooi te voel soos ek het. Die diep rooi kleur en swaar materiaal verteenwoordig die die groot afwagting vir die nuwe fase wat voorle; nuwe mense, plekke en dinge wat my net nog meer van myself gaan leer. Aan die anderkant verteenwoordig dit ook hoe swaar dit is om my mense en al die herinneringe agter te laat.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Omdat ons skool klein is, was ek gelukkig genoeg om my hele gesin die aand by die matriekafskeid te he, elkeen op hul netjieste om by my in te pas- natuurlik. Die feit dat hulle daar was om my groot aand saam met my te spandeer het die aand nog meer spesiaal gemaak, en sal virewig iets wees wat ek altyd sal koester.

Planne vir na matriek

Ek wil baie graag grondslag fase onderwys gaan swot in Suid-Afrika, verkieslik Bloemfontein.

Gunsteling woord in Afrikaans

Samesyn

Datum van matriekafskeid

2025-09-12

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media