Jana van der Westhuizen

Hoërskool Stellenberg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou nog altyd n matriekafskeidrok gedra het wat nie net my sagte persoonlikheid ten toon stel nie maar ook almal se asems wegslaan. Dit is presies wat Ilse Roux, die ontwerper van my droomrok, bewerkstellig het! Vanaf my konsultasie het die prentjie van n klasieke, “old money” rok n realitiet geword. Die tik lysie was kort maar kragtig: n klasieke rok wat pas by my sagte,omgee persoonlikheid, n rok wat “wow” se as mens daarna kyk, en die belangrikste is dat die prinsesrok wat ek al van kleindogtertjietyd af al koester n realiteit word! Die sagte pienk rok, met n glinsterende bolaag, en korset bostuk het beslis my drome oortref.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Stellenberg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het heelwat inpsirasie geput van aanlyn fotos, vorige jare se matriekafskeidrokke asook die leiding wat my ontwerper vir my gebied het oor die styl van rok wat beste die by my liggaam sou pas. My inspirasie het ook gekom van die gevoel wat ek wou kry wanneer ek my matriekafskeidrok dra: Ek wou klassiek voel, met n sprinkeltjie glans. Die oomblik toe ek my matriaal in die winkel raakgesien het ek geweet ek gaan soos n prinses voel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunstelingdeel van my matriekafskeidrok sal beslis die glinsterende weerkaatsing wees wanneer die son op my rok gebons het. Dit benadruk beslis die flabojante styl van my rok. My matriekafskeidrok het my beslis soos n hedendaagse prinses laat voel!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media