Jana Strydom

Karos Akademie, Beaufort-Wes

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het van die spesifieke materiaal gehou, maar nie geweet watter styl ek wil hê nie. Ek het toe net 'n paar rokke met die tipe materiaal aangepas, en toe ek die ene aantrek het ek dadelik geweet "dis die een"!! #localislekker

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Karos Akademie, Beaufort-Wes

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Geen spesifieke inspirasie. Ek het van te vore soortgelyke rokke gesien, en dit het na iets gelyk wat heeltemal buite my gemaksone is. Ek voel dat jy net eens in 'n leeftyd 'n matriekafskeid gaan hê, so hoekom dan nou iets vervelig dra...

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek het die heel meeste gehou van die verskillende kleure wat die rok weerkaats wanneer enige lig daarop geskyn het. Die rok het ook sakke gehad, en dit was beslis 'n gunsteling!

Datum van matriekafskeid?

2023-08-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media