Jana Oelofse

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ons het reeds op die ontwerp en kleur van die rok besluit toe ons by ons volgende afspraak met Jana van Silver Swallow Design, ‘n rok op 'n reëling in die ateljee sien hang wat ons net vir die kleur voor my wou hou om te sien of die skakering ‘n goeie keuse vir my rok sou wees. Sy sê toe ek kan sommer die rok aanpas. Ons het op die plek al die vorige planne laat vaar en sy het weer begin teken. Die rok het behoorlik al die ratte in ons koppe laat begin draai en ons sommer in ‘n heel ander rigting laat gaan as waar ons voorheen was. Twintig minute later was my splinternuwe rok geteken! Ek was van daai oomblik af so opgewonde oor my rok en was nog nie ‘n dag spyt oor my keuse nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Waterkloof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vir jare het ek gedink al wat ek wil hê is ‘n korset bostuk wat ingeryg word op my rug en die kleur.. ongetwyfeld swart. Hoe meer ons na rokke begin kyk het, hoe meer het die sagte tule-net rokke my oog begin vang en die helder kleure wat dié jaar oral te siene was my laat besluit om die swart rok vir eers bietjie op sy te skuif en eerder vir groen te gaan.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is mal oor elke liewe komponent van my rok. Van die strikke op my skouers tot die deursigtige band in die middel asook die drie horisontale bane van die romp en hoe sag die rok hang en vloei as ek beweeg. Wat vir my die grootste bonus is, is dat my rok treffend genoeg is, sonder om té “over the top” te wees, wat maak dat ek hom weer en weer sal kan dra, want een keer was vir my hééltemal te min!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media