Jana Meyer

Hoërskool Durbanville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het die ontwerp op Pinterest gesien en dadelik verlief geraak op die rok. Ek het die navy blou dutch satin en die silwer sequence oorweeg toe ‘n wildvreemde man in die materiaalwinkel na my toe stap en my komplimenteer op hoe die materiaal my gesig ophelder en perfek by my velkleur pas en my besluit was gemaak! My rok is noupassend om my liggaam te vlei met ‘n oop skouer en ‘n oog-vang bo-stuk. Die onderkant van my rok het ‘n slit aan die een kant.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was om my persoonlikheid in my rok te weerspieël, eenvoudig maar tog uniek in eie reg. Ek wou vroulik en verleidelik voel maar ek moes gemaklik in my rok wees en lekker kon draai en swaai op die dansbaan.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My rok in geheel was my gunsteling! My bo-stuk het vir my uitgestaan omdat dit uniek was en die rok besonders maak. Ook die manier hoe die son op die silwer sequence geskyn het en die vertikale lyn in die materiaal my liggaamsbou gevlei het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media