Jana Landman

Marais Viljoen

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Hulle sê altyd jy sal weet wanneer dit die regte rok is en so was dit ook toe ek die prentjie sien, wat my na my asem laat snak het. Die rok was ontwerp deur Esje’s Design, sy het van die ontwerp, die pas tot die finale produk dit een opwindende advontuur gemaak. As ek die rok in drie woorde kan beskryf is dit elegant, glansryk en sexy.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Om soos 'n vrou te voel van my kroon tot by my toon.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek het van elke deel van my rok gehou, maar as ek moet kies sou ek sê die agterkant van my rok met die sleep wat sag van my skouer afval asook die goue rugkettinkie wat my rug gekomplimenteer het. Dit het my laat dink dit is seker hoe ‘n godin moet voel en my laat besef dit is hoe elke meisie moet voel elke dag van haar lewe.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media