Jana Jacobs

Hoërskool Wesvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Blou was nog altyd my gunsteling kleur want dit herinner my aan my ouma se kombuis. Blou, die reuk van die koekies wat gebak word en baie liefde. Ek het satyn gekies as die materiaal omdat dit ń sagte, vloeiende effek skep. Die detail is klein roos goud blommetjies en blaartjies. Ek het dit gekies omdat dit die rok meer “lewendig” laat lyk. Soos blommetjies en blaartjies wat lewe gee aan die natuur.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My rok is ń beskrywing van wie ek as mens is. Dit beeld my karakter en menswees uit. Ek het blou satyn gekies want dit beskryf my kalm en rustige persoonlikheid. Die deurskynende menskleur op my rok beskryf die “mystery” van my. Jy weet nooit wat om te verwag nie. Die paillette is die “wow” faktor en die sterkte wat ek het wat in my uitkom. Dit is meer as net ń rok. Dis ń verhaal, ń storie, ń boek wat geskryf is oor my lewe en persoonlikheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dat ek kon gemaklik voel in dit. Dit het soos ń sprokie gevoel. Ek kon myself wees in my rok.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media