Jana Barnard
Hoërskool Zwartkop
Tuisdorp
Centurion
Skool
Hoërskool Zwartkop
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Josef Anker was die ontwerper van my rok.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My insperasie het gekom van klomp sosiale media plantvorms en van flieks. Ek en my ontwerper (Josef Anker) het saam gesit en al my klomp idees bymekaar gegooi en op die oueinde presies iets ontwerp wat ietsie van alles het en ‘n kleur ondek wat gemaak is vir my.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok word opgedra na my pa. Die donker blou kleur weerspieël sy oë. Sy oë kon van kleur verander net soos my rok wat kleur kan verander in die son. Die krale werk is met detail vas gewerk elkeen perfek geplaas, wat mooi met mekaar n patroon vorm en n besonderse blink effek gee. Ek weet hy sou trots wees op my, en met my rok aan het hy my van bo af gesien skitter. Dit beteken baie vir my, want dit is ‘n stukkie van hom.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die gevoel om oor die rooi tapyt te loop, en almal na my rok kan kyk waar alles net so mooi bymekaar gekom het.
Planne vir na matriek
Ek wil graag IT gaan swot, en n werk te kry om n werklike stap in die grootmens wêreld te vat.
Gunsteling woord in Afrikaans
Fantasties
Datum van matriekafskeid
2025-10-04