Jamy-Lee Dreyer

Hoërskool Durbanville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het nog altyd my oog op daardie einste ysblou kleur gehad. My pinterest bord was natuurlik vol verskeie prikkels maar een ontwerp wat my oog gevang het, was dié met "illusion mesh" met daardie kristal patrone wat voorkom asof dit werklik direk op die vel vas is. Ek was mal oor die idee van n oop rug maar ekt dit bietjie aangepas deur daardie blaartjies by my rug op te laat klim. Die rok het ook n wegneembare aanlasstuk wat aan die rok n langer en wyer sleep gee, maar wat wegneembaar is sodat ek die hele aand kan sokkie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was nog nooit n hemelbesem nie en dit het my vir baie jare gepla. Sekere mense se woorde was yskoud. Ek was wel standvastig in my mantra dat die Here my gemaak het en dat Hy geen foute maak nie. Ek het daardie inspirasie geneem en die yskoue woorde teruggedraai deur die ysblou kleur vir my rok te gebruik. Dit simboliseer vir my daardie verwagtinge van mense wat wegsmelt en die blou lug van n nuwe oggend. Die krale patroon wat regdeur my rok gesien kan word is blare wat so mooi by my persoonlike tema van groei pas. Ons matriekgroep van 2023 se leuse was "don't go through life, grow through life" en ek wou daardie pad wat ek al my hele lewe stap deur my rok eer. Ek het wel nog nie veel gegroei deur my hoërskoolloopbaan nie, maar ek het wel gegroei in die persoon wie ek is, in my omstandighede en in die Here. 'n Baie klein detail wat 'n groot betekenis gedra het, was my oorbelle. Dit was my ma se oorbelle wat sy na haar matriekafskeid toe gedra het, daarom is ek so dankbaar dat ek daardie stukkie ń deel van my uitrusting kon maak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok was nie nét die unieke illusie mesh patroon of die fyn detail in elke blaartjie nie. Dit was ook die feit dat mense uit kon ken hoe goed dit by my persoonlikheid pas. Dit was vir my ongelooflik spesiaal om voor my oë te kon sien hoe goed mense my hierdie afgelope paar jaar leer ken het en dat 'n materialistiese item soos n rok daardie vriendskappe kon beklemtoon. My rok het my soveel selfvertroue gegee en my so dankbaar gemaak vir die mense met wie ek geseën is in my lewe.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media