Jaelene Thompson

St Michael's school for Girls

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My persoonlike styl is gewoonlik meer eenvoudig en my oorspronklike idee was 'n baie gewone rok. Hoe meer ek daaraan gedink het, hoe meer het ek besef dat ek dalk teleurgesteld sal wees as ek nie iets meer uitspattig doen, want dit is 'n baie belangrike dag in 'n jong dame se lewe. Ek het die rok gekies omdat dit besonderse patrone gehad het wat my aandig getrek het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

St Michael's school for Girls

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was n internet foto van a bekende ontwerper, Elie Saab. Dit was wel van 2003, maar al was dit 20 jaar oud het ek dadelik verlief op die rook geraak. Wat vir my van die rok uit gestaan het was hoe vloeiend en elegant dit van die middel af drapeer het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek het verlief geraak op die kant blomme. In die begin, was ek twyfelagtig of dit wel soos my idee sou lyk en die ontwerper het wyd gesoek vir die regte kant. Sy het letterlike elke kant blom uit geknip en met die hand vasgewerk aan die rok. Deur die het ek besef dat jy die proses moet vertrou, want op die einde het dit alles perfek by mekaar gekom. Die rug kant van my rok was my eie inspirasie en het my baie vroulik laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media