Jaedéne Breytenbach
Ouderdom
18
Tuisdorp
Middelburg Mpumalanga
Skool en dorp/stad van skool
Hoër Tegniese Skool Middelburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Soos vir soveel meisies, was dit nog altyd my droom om soos 'n prinses te lyk. Ek kon egter nooit kies tussen my twee gunstelinge nie: Belle van Beauty and the Beast en Rapunzel van Tangled. Daarom het ek besluit om die beste van albei wêrelde te kombineer! Om 'n unieke maar steeds klassieke aanslag daaraan te gee, het ek die ikoniese heldergeel verruil vir 'n sagte bottergeel, pragtig afgerond met Rapunzel se kenmerkende pers aksente.
