Jade van Huyssteen
Hoerskool Centurion
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My afskeid rok was geinspireer deur 'n diep see skattekis wat nou net onttrek was uit die see uit. Dis die beeld wat ek gehad het toe ek my uitrusting aanmekaar sit. Ek wou he dit moes lyk asof 'n goue lap natuurlik pas en moeiteloos om my figuur geval en gedraai het soos 'n goue standbeeld of elegante kandelaar. Tesame met my hare wat los hang in krul en een is met die rok in sy goud blond kleur.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok is die moue omdat dit in my eenvoudige goue silloutte rok 'n sprokies element inwerk wat die prinses drome van my jonger self kombineer met die sterk bemagtigde onafhanklikheid van my matriek-self. Dit beeld my loud en bold persoonlikheid tesame met die sprokieagtige drome wat ek steeds bly glo in matriek uit. En laastens my korset...ag wie's nie lief vir 'n goeie korset nie, defintief 'n goeie idee gewees om die visie saam te bring!
Datum van matriekafskeid?
2025-10-03