Ise-Marié Erasmus

Hoërskool Rustenburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is oor die algemeen n 'plain Jane' wat hou van detail daarom het die wit kleur van die rok met al die fyn detail van die geborduurde blomme vir my uitgestaan. Die diamante op al die blomme was die perfekte afronding vir my droomrok. Ek het werklik soos n prinses gevoel in my rok. My designer, Willem Terblanche Couture, het ure spandeer om elke stukkie borduurwerk met die hand uit te knip en vas te werk, asook elke diamant vas te brand. My rok is elegant en uitspattig.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Rustenburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Al van graad 8 af droom ek en my persoonlike designer, Willem Terblanche Couture, oor my perfekte matriekafskeidrok. Hy was n groot deel van die beplanning van my rok. Hy het met tye my aangemoedig om iets meer buite my gemaksone te probeer en dit was werklik die moeite werd. Ek wou graag n rok hê wat anders is as enige matriekafskeidrok wat al ooit gemaak is. My droomrok is n rok wat almal se monde laat oop hang as hulle dit vir die eerste keer sien. Ek het gehou van die eenvoud en kompleksiteit van die idee, om nie n rok te hê wat net 1 kleur is nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is mal oor die klomp verskillende kleure blomme en diamante op die blomme wat werklik die rok lewe gegee het. Al die tyd en moeite wat daar in gesit is om dit vas te werk, gee vir my n nuwe waardering daarvoor.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media