Isabelle van de Venter

Hoërskool Randburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek was aan die begin baie onseker oor watter styl en kleur ek spesifiek wou hê, omdat ek so baie idees in gedagte gehad het. Ek het van winkel na winkel gestap opsoek na DIE rok, maar ek het moedeloos begin raak, totdat ek ingestap het by Catherine Walk en ‘n rok gesien het wat alle verwagtinge en idees oortref het. Die oomblik toe ek uit die aanpas kamer uitkom en ek my ma se gesig sien ophelder het, het ek geweet dat hierdie die rok is vir my, vleiend, bietjie pienk, “feeprinsesagtig” met ‘n slit!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van kleins af was ek my familie se kleinste prinsessie genoem, maar tog was ek ook ‘n dogtertjie wat haar tyd deurgebring het in die tuin opsoek na feetjies en die sprokieswêreld waaroor ek gelees het in my leesboeke. So toe ek die rok aangehad het en myself gesien het in die spieël het ek die klein Isabelle wat die feeprinses van haar droomwêreld was weer herleef en onmiddellik het ek geweet dat dit DIE rok is vir my.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Om een deel te kies is byna onmoontlik, maar dit sal definitief tussen die moue wees wat ek kon afhaal as ek sou wou en die corset met al die details van die beading tot die blommetjies tot die glitter gedeeltes wat deurskyn as die son dit net net reg tref.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media