Isabelle Moussier

Ermelo Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is van my oupa se dasse gemaak. Thomas Webb, 'n plaaslike ontwerper, het my rok gehelp ontwerp en gemaak. Die rok bestaan uit 45 dasse. Daar is twee tipes koningsblou kant organies orals op die rok gerangskik asook baie klein, blink steentjies wat op die dasse vasgewerk is. Daar is ook 'n koningsblou kantonderrok wat by die rok pas, maar dié kan en aan- en uittrek soos wat ek verkies. Al die dasse en die kant is met die hand vasgewerk.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ermelo Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is vervreemd van my biologiese pa, en ek bly al my hele lewe lank by my ma, my ouma en my oupa. My oupa was in alle aspekte soos my pa, maar hy is verlede jaar Augustus oorlede. Ons was almal baie hartseer hieroor en ek was ook baie teleurgesteld dat jy nooit deel aan my matriekafskeid sal hê nie. Na baie onderhandel en kreatief dink, het ons besluit om my matriekafskeidrok van my oupa se dasse te maak ( hy was in die polisie en het deur die jare baie van hulle versamel ). Thomas Webb, 'n plaaslike ontwerper en 'n goeie vriend, het ingestem om my rok te help ontwerp en te maak. Hy het 45 van die 83 dasse wat ons vir hom gegee het gebruik om my rok te maak. Dit het hom amper 'n jaar geneem, en die eindproduk is iets waarop ek en hy baie trots is. Dit het baie sentimentele waarde vir my, my ma en my ouma. Al was my oupa die dag nie fisies daar nie, was hy nogsteeds deel van my foto's.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeid was die enorme sentimentele waarde wat ek aan my rok geheg het. Dit het ook baie lank gevat om my rok te maak, so dit was 'n groot voorreg om my rok vir die eerste keer te kon aantrek. Dit het my aan my oupa herinner. Ek was ook bly om te weet dat niemand anders 'n rok soos myne sou hê nie. Dit was eenhonderd persent ek en eenhonderd persent my oupa.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media