Isabelle Lategan

Paarl Gimnasium

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het geweet ek wil iets klassiek aantrek, iets wat anders is, maar tog elegant. Ek wou bitter graag 'n rooi rok aantrek maar my sussie, Kristi, het aangedring op afwit en swart. Baie min doen dit het sy gesê - so 'n bietjie Chanel! Sy het toe die nek waarvan ek hou, die rug van 'n ander rok, lengte, kleur ens bymekaar gesit en 'n prentjie gesoek wat alles kon saamvat. Ons het 'n afspraak gemaak by Victor van Victor Couture in Claremont. Hy het die proses baie maklik gemaak vir ons. Hy het vir my, my ma, my sussie geluister, maar ook goeie raad gegee wat die beste by my liggaamsbou, postuur en persoonlikheid pas. Omdat die rok presies vir my gemaak is, het dit soos 'n handskoen gepas. Al die besluite oor hoe laag dit voor of die rug moet wees, hoe hoog die slit moet kom, watter kant dit moet wees, hoe lank die strik moet wees ens, was alles presies gemaak net vir my. Ek het nog nooit so mooi gevoel nie. DIt was beslis die regte besluit om vir die kleur kombinasie te gaan.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Paarl Gimnasium

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

EK het op pinterest begin prentjies bymekaar sit, maar was so onseker. Ek het van 'n vierkantige rug gehou, maar wou dalk een skouer doen , dan sien ek weer iets ander en besluit daarop. Totdat my sussie - ons mode guru - die perfekte rok gevind het. Ek het geweet my rok moes anders wees.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit het my perfek gepas. Die kontras tussen wit en swart en die elegansie van die strik!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media