Isabella Rautenbach

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

ń Kunswerk. My rok se romp-gedeelte is helder pienk in kleur met fyn blinkertjies , wat dadelik ń indruk los , maar die korset toppie is waar die “magic” gebeur. Die korset toppie is met pienk , groen en wit blommetjies geborduur en die struktuur is omring met dieselfde helder pienk kleur as die rompie. Die romp is in drie verskillende lae gesny en maak ń opening voor tot net bo my knieë. Die romp-gedeelte is om my middel gebind en mooi afgerond met ń groot pienk strikkie aan die agterkant.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Sjoe … waar begin ń mens ? Dit was oorspronklik glad nie die prentjie wat ek in my kop gehad het nie. Ek wou iets heeltemal anders – meer rustig en eenvoudig – gehad het. Ons het vir Jana van Silverswallowdesign besoek en net daar het ek verlief geraak op ń kunswerk van ń korset toppie wat sy die vorige dag klaargemaak het. Ons het toe begin rondspeel met idees om te sien wat werk. Sy het my brein gebreek met al haar verskillende idees ! Op die einde het ons die perfekte prentjie gekry- wat my persoonlikheid definitief uitbeeld – en net so word ń droom ń realiteit.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Hoe die rok my laat voel het. Ek het werklik gevoel soos ń prinses uit ń sprokie uit – maar tog heeltemal myself. Die hele produk was my gunsteling prentjie- van die helder pienk kleur en kunswerk van ń korset tot by my pienk skoene. Ek moes myself natuurlik heeltyd keer om nie aanhoudend in die rondte te draai nie – die rok kon dans !

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media