Isabella Fourie

Potchefstroom Gimnasium

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou ‘n sagte, elegante, tydlose en stylvolle rok met fyn detail gehad het - ‘n oop v-vorm rug, neutrale champagne-nude kleur, gedetailleerde kraalletjies lap en ‘n mooi sleep. Ek wou gehad het as mense die hele prentjie sien dan moet hulle dink: “WOW!”.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Potchefstroom Gimnasium.

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My ontwerper en maande se idees op Pinterest het my gehelp om my droomrok ‘n realiteit te maak! Ek het ‘n sagte kleur gekies wat by my blasvel en persoonlikheid pas en ek het lank gesoek na die perfekfe gedetailleerde kraletjies lap wat bo die neutrale kleur moes wees. Die rok moes vloeiend en sag hang met ‘n mooi sleep en ek wou ‘n oop, v-vorm rug gehad het en ‘n sagte elegante neklyn. Ek en my ontwerper het lank beplan om al dié fyn detail in te sluit.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit is moeilik om net een deel te kies - ek is mal oor die hele ontwerp van my rok! Maar, die kraletjies lap, die v-vorm rug, die hartjie-vorm neklyn en die mooi lang sleep is spesifieke detail wat my rok, my droomrok gemaak het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media