Isabella de Waal

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was gemaak deur Esca Bezuidenhout in Stellenbosch. Die rok het ‘n stywe bostuk en ‘n romp met ‘n groot onderrok. Die patroon is ‘n tydlose 50’s styl met die 3/4 lengte, wat dit uniek maak. Toe ek dié ombré satyn lap in lapwinkel sien, het ek dadelik geweet dis die een en ek dink dit gee ‘n moderne aanslag aan die rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek dink die kleur pas by my en die rok is baie vleiend en vroulik. Ek was meestal geïnspireer deur die rokke van die ou Barbie movies wat ek gekyk het toe ek klein was. Die 3/4 lengte was geïnspireer deur die rokke van die 50’s.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel is die ombré effek en hoe die lap geblink het in die son.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media