Isabella Basson

Midstream College

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die belangrikste kenmerk van my rok is verseker die goue kleur, maar dit sou nie so asemrowend gewees het sonder die regte lap en ontwerper nie. Die rok is van 'n "stretch-metallic" lap gemaak wat "double-lined" is. Dit het drie of vier verskillende passings gevat voordat ons die finale patroon kon sny, aangesien al die plooie van die rok so ingewikkeld was. Die rok het 'n hoë slit met 'n klein broekie onderaan. Die halternek top en oop rug was vir my besonders mooi gewees. Ek kan Carike Nel Designs vir elke meisie se droomrok aanbeveel!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Midstream College

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Oktober verlede jaar het ek na matriekafskeid rokke begin kyk om idees te kry, want ek ken net tennis rokkies... Ek het gou agtergekom dat ek geen idee gehad waarvan ek hou nie! Tot het ek 'n foto op die internet gesien van Izabel Goulart in haar goue rok op die rooi tapyt by die 74ste Cannes Film Festival. Dit was my rok! Dit was vol uitdagings en die eerste was om die regte lap op te spoor. Selfs toe ons dit nie kon kry nie, was daar geen ander opsie as om dit in te voer nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dis so moeilik om net een ding te kies! Maar een deel van my rok wat baie uitstaan is die klein goue broekie wat ek by die rok gedra het. Dit was iets wat ek graag wou gehad het - 'n hoë slit met 'n goue, nike-pro geïnspireerde, short wat uitloer. Ek is eintlik lus om dit sommer op die tennis baan te dra... Die ander ding waaroor ek mal was, was my goue skoene. Dit was die perfekte skakering wat die hele "liquid-gold-look" afgerond het.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-07

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media