Isabel Skinner

Die Hoërskool Menlopark

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Die Hoërskool Menlopark

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Isabel Skinner/ Eloise Naude

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeidrok kom van Belle uit Beauty and the Beast. Die sagte geel kleur herinner my aan warmte, lig en vreugde, terwyl die bubble-vorm romp die speelsheid van ’n sprokiesprinses vasvang. Ek het ook die amaryllis blom as inspirasie gebruik – sy elegante vorm en fyn besonderhede weerspieël die delikatesse en skoonheid wat ek in die rok wou hê.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeid rok is meer as materiaal en glans. Die rok wat my vir een aand laat voel het asof ek my eie sprokie leef. My rok was ń herinnering dat matriek nie net gaan oor eindes nie maar om vir oulaas my skool loopbaan te vier in iets wat my verteenwoordig.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die dansvloer was my gunsteling deel van die matriekafskeid. Dis waar die formele glimlagte plek gemaak het vir opregte lag

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om medies te gaan studeer en later in plastiese chirurgie te spesialiseer. Ek het ’n passie vir skoonheid en glo dat om iemand te help om goed oor hulself te voel, ’n ware verskil kan maak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Lewenslont

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media