Isabel Els
Hoërskool Randburg
Ouderdom
17 (18 in November)
Skool
Hoërskool Randburg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Dit is 'n ligte pers-blou rok met 'n slit (al kan mens dit nie altyd sien nie) en unieke kraletjie patrone om die boonste deel van die rok.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou nog altyd 'n prinses gewees het met 'n rok wat die hele dansvloer vul. Toe ek my rok vir die eerste keer aanpas het die klein dogtertjie in my, met totale verwondering, geweet dat díe rok myne gaan wees...Dit was net 'n bonus dat die rok 'n oop rug gehad het!
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek is nog altyd mal oor die moesie wat op my rug is, daarom is die rok se snit met die lae rug my gunsteling deel van my rok :)
Datum van matriekafskeid
2025-10-04