Inke Rademeyer

Inke Rademeyer Inke Rademeyer Inke Rademeyer

Ouderdom

18

Tuisdorp

Bloemfontein

Skool en dorp/stad van skool

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje, Bloemfontein

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok is 'n weerspieëling van verskillende ouderdomme. My hare wat in 'n skoenlapper vorm gemaak is, beeld Inke as 'n klein dogtertjie uit wat van skoenlappers en prinses-goedjies gehou het.
Die rok se snit is deur Lea Cronje(matriek in Oranje, in 2022) geïnspireer en dit is eenvoudig, wat Inke tydens haar tienerjare uitbeeld. Sy hou nie daarvan om al die aandag op haarself te hê nie, maar sy geniet dit tog om mooi aan te trek.
Die korset gedeelte van die rok en die knopies aan die agterkant is geïnspireer deur 'n trourok van Chanel Cronje, 'n Instagram fiksheid tendensmens("influencer"). Die knopies het ekstra detail aan die rok verleen en die rok mooi afgerond. Ek is, net soos my matriekafskeidrok, uniek in my soort.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media