Ingrid Kruger

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok simboliseer ‘n groot gedeelte van my matriekjaar. Met die klasieke en tydlose styl van my rok kon ek my keuse sonder twyfel maak. Die handgemaakte rok met kraletjies en volstruisvere was vir my iets buite die boks. Ek bewonder en waardeer die moeite wat in my rok ingegaan het, dit het die rok vir my spesiaal gemaak.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het na ‘n rok gesoek wat my persoonlikheid weerspieël. Ek het nie ‘n duidelike prentjie gehad van hoe my rok moet lyk nie, maar ek het geweet ek soek iets buite die boks. Die rok het my uit my gemaksone gerek, maar het vinnig op my gegroei. Dit was my rok. Ons jaargroep was in graad 8 vonkies en eindig matriek as vuurwerke. Die rok het gevoel soos ‘n gepaste manier om my hoërskoolloopbaan te voltooi.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die rok is deel van die rede hoekom ek my matriekafskeid altyd sal onthou. As ‘n klein dogtertjie kon ek net gedroom het om te voel soos ek gevoel het in my rok.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media