Ingrid Bekker

Hoërskool Randburg

Tuisdorp

Randburg

Skool

Hoërskool Randburg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het die basis van die blou rok as 'n geskenk vanaf my niggie ontvang en toe geneem na Zettie Schoeman, 'n welbekende ontwerper in ons gemeenskap. Sy het ook die voorstel oor die gewaagde kleur van die blommetjies op die rok gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het geweet dat ek blomme as die hooftema vir my rok wou hê. Ek het wel nie geweet hoe dit moes lyk nie. Toe ek die eerste keer my rok aangepas het, het ek en tannie Zettie bespiegel oor watse kleur die blomme moes wees. Haar eerste gedagte, waaroor sy bietjie huiwerig was, was die geel blomme. Ek, as prentjie mens, kon dit dadelik insien: die perfekte rok, net soos ek dit wou hê. Ek was dadelik verlief op die idee en ons het besluit dat dit moet lyk asof die blomme oor my rok uitspoel. Ek is ook mal oor die feit dat daar so paar blommerankies aan die agterkant van my rok is, wat saamknoop met die blomme aan die voorkant. Tannie Zettie was my inspirasie omdat sy omtrent meer opgewonde as ek was oor die rok. As ek soms ietwat getwyfel het, het ek net terug gedink aan haar wat op en af spring van opgewondenheid!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok is vir my 'n simbool van krag en uithouvermoë in hierdie besige, baie dol jaar. In my laagste punt van die jaar, was my rok vir my 'n straal van hoop dat daar beter tye nog hierdie jaar voorlê.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hootepunt van die aand was my metgesel, Jan. Hy het my laat lag en dans en my laat ontspan wanneer almal se emosies met my weggehardloop het. Dit was ook só asemrowend om almal se rokke te sien en hoe dit pas by hulle unieke persoonlikhede. Die kos was ook baaaaie lekker... :) Dit is definintief 'n aand waarna ek met groot heimwee sal terugkyk.

Planne vir na matriek

Ek beplan om volgende jaar CA (Bachelor of Accounting Science: BAccSc) by Wits te gaan studeer, maar die groot uiteinde van my droom sal wees om 'n rekeningkundige dosent te word en om rekeningkude ekstraklasse aan te bied.

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media