Ingé Swanepoel

Hoërskool Schoonspruit

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek was laasjaar genooi na 'n matriekafskeid, en het my rok by Tashas Desing gehuur. Ek het vertroue in haar en haar span, en Januarie het ons hulle weer besoek! Natasha het 'n slag met rokke, en haar ontwerpe is mooi! Sy het die rok en ontwerp voorgestel, en ek het dadelik geweet dit is wat ek wil hê! Haar dogter, Bianca werk saam met haar, en het elke keer met raad en daad ingespring en gehelp!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Schoonspruit

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Matriekafskeid! Dis iets waaroor jy drome droom vandat jy in Graad 8 is. Mens kyk na rokke, skoene, hare en naels! Maar as mens eers Matriek is, dan is dit anders! Natasha het die ontwerp en kleur voorgestel en ek het my hart verloor!! Toe ek die rok die eerste keer gaan aanpas, het ek net geweet dit is wat ek wil hê! Ek het soos 'n prinses gevoel. Die groot soektog na skoene en 'n mooi handsak het begin, en alles het in plek geval! Teen einde Augustus was dit die laaste passing, en ek was tevrede dat alles mooi saam pas, en 'n mooi lyk!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die kleur en die ontwerp! Dit kleur was 'n spesiale kleur, en uniek. Die ontwerp het my gepas soos 'n handskoen, en ek het gemaklik en spesiaal gevoel!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media