Inge Bokelmann
Hoërskool Bellville
Tuisdorp
Brackenfell
Skool
Hoërskool Bellville
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Janu Steyn van La’Beth Bridal
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my rok was baie persoonlik. Ek het die wynrooi kleur gekies omdat dit my ma se troukleur was, en my matriekafskeid is toevallig by dieselfde plek gehou waar my ouers se trouonthaal plaasgevind het.
My gunsteling deel van die rok is die perfekte balans tussen die elegante korset met sy fyn detail en die spleet wat bedek is met n afhaalbare vloeiende bo romp. My rok is vir my ’n kombinasie van klassieke elegansie en moderne vroulikheid – tydloos, stylvol, maar met net genoeg drama en glans.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Elegansie, vroulikheid en glans.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Definitief die “opdollie” voor die tyd – daar is niks so lekker om vir ure agteroor te sit en om ge-verf en ge-pamperlang te word nie.
Planne vir na matriek
Ek beplan om arbeidsterapie te studeer, omdat ek graag mense wil help om hulle fisiese en geestelike vermoëns te verbeter en ’n beter kwaliteit lewe te lei.
Gunsteling woord in Afrikaans
Floreer
Datum van matriekafskeid
2025-10-18