Inessa Wessels

Hoërskool Stellenberg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Toe ek die eerste keer aan my matriekafskeidrok gedink het, het ek gedink aan ń rok wat gemaklik moet wees, wat by my figuur sou pas en ook my persoonlikheid moes weerspieël. Ek wou ook ń rok gehad het wat uniek en iets anders was. Ek het aanvanklik met ń ander kleur ingedagte gegaan toe ons materiaal gaan koop het, maar toe lê my rok se materiaal daar en dit het net dadelik met my gepraat. Ek is dankbaar dat ek by iemand kon uitkom wat my visie tot lewe kon bring, Janet Le Roux was daardie persoon, sy het uit haar pad gegaan om my droomrok 'n werklikheid te maak.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Stellenberg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Nadat ek verskeie rokke aangepas het en na verskillende ontwerpe gekyk het, het daar ń prentjie begin vorm en deur twee idees te kombineer het my droomrok vorm begin aanneem. Ek het ń ontwerp gesoek wat my elegant en spesiaal sou laat voel en terselfde tyd uniek sou wees.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My rok is absoluut perfek! My gunsteling deel van die rok is die lekker diep sakke wat jy nie normaalweg sou verwag nie en dan natuurlik die kant detail wat verdere elegansie aan die rok verleen.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media