Iné Vorster

C & N Sekondêre Meisieskool Oranje

Tuisdorp

Bloemfontein

Skool

C & N Sekondêre Meisieskool Oranje

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok, ‘n skitterende, goue skepping, ontwerp deur Anel Botha Couture, is gemaak van luukse lamé-materiaal wat letterlik die lig vang met elke beweging. Die rok spog met ’n dramatiese sweetheart-neklyn en ’n figuuromlynende silhoeët wat elegant om die liggaam drapeer.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die tema van ons matriekafskeid “Wees eg en skyn” was die inspirasie agter my rok. Die goue kleur was vir my die perfekte uitbeelding hiervan omdat dit met elke beweging “skyn” en lig uitstraal. Die kunstenaar in my was ook op soek na ‘n unieke ontwerp met `n WOW-element wat eie aan my kreatiewe persoonlikheid is. Daarom moes my rok interessante detail hê en uit elke hoek anders deur die kameralens lyk.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My goue rok beteken vir my meer as net ‘n mooi uitrusting, dit is ‘n weerspieëling van my persoonlikheid. Dit gaan vir my daaroor om eg aan myself te wees en op my eie unieke manier te skyn. Die gestruktureerde detail by die heup en hoë been-split voeg ’n moderne, koninklike flair by, terwyl die metaalglinstering van die stof ‘n gevoel van tydlose glans en selfvertroue uitstraal. As iemand wat fynere detail waardeer, het al die weldeurdagte ontwerpelemente wat harmonie en elegansie aan hierdie rok verleen (en dit van gewoon na buitengewoon verander), my verwagtinge oortref!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Ek is mal daaroor om foto's neem en daarom was dit definitief een van die groot hoogtepunte van my matriekafskeid. Dit was ook lekker om saam met al my skoolvriende (op ons heel mooiste) fees te vier en vir oulaas herinneringe saam te maak! Ek droom al van 'n klein dogtertjie af van hierdie aand en dit het al my verwagtinge oortref: van my goue rok tot die groot instap-oomblik op die tapyt!

Planne vir na matriek

Na skool beplan ek om my vlerke te sprei en nuwe avonture aan te pak. Ek het keuring gekry om by Tukkies 'n graad in Inligtingsontwerp te gaan studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Piekfyn

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media