Immegan Erasmus

Hoërskool Garsfontein

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou ‘n ontwerp hê wat ‘n elegante, stylvolle en tydlose voorkoms weerspieel – die perfekte rok wat “my” reflekteer. My ontwerper Cherié Adamson in samewerking met New Romantics Couture, het wie ek is, 100% in dié skepping vasgevang en dit perfek uitgevoer. Die vere op die skouer en die glinster diamanté detail voeg 'n ekstra lagie sjarme en glans by, wat my unieke persoonlikheid en styl verteenwoordig.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Garsfontein

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir die ontwerp was die idee van 'n gesofistikeerde swaan prinses. Ek wou 'n rok hê wat my laat voel asof ek regstreeks in 'n sprokie leef. Die vere simboliseer die vryheid en grasie van 'n swaan, terwyl die diamanté detail op die middernag blou materiaal, skitter glans byvoeg, net soos die sterre aan die naghemel. My rok sal altyd vir my ‘n herinnering wees van 'n onvergeetlike sprokies aand van styl, grasie en glans.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is die unieke kleur wat ek spesifiek gekies het. Die diep middernag blou projekteer sofistikasie en elegansie. Glinster detail van die material vang die die oog tydens beweging, en plaas klem daarop. Dit skakel in met formele koninklikheid wat innerlike selfvertroue oordra, terwyl die diep blou-swart kleur ook ‘n sweempie misterie toon.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media